Ezekiel 20:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So waar as Ek leef, spreek die HERE HERE, sekerlik met 'n sterke hand en met 'n uitgestrekte arm en met uitgestorte grimmigheid, sal Ek oor julle heers.
Afrikaans (NLV) 2011 “So seker as Ek lewe, sê die oppermagtige Here, Ek sal met ’n ystervuis en met mag oor julle regeer en Ek sal my woede oor julle uitgiet.
Afrikaans 1933/1953 So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, Ek sal gewis met 'n sterke hand en met 'n uitgestrekte arm en met uitgestorte grimmigheid oor julle regeer.
Afrikaans 1983 “So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “Ek sal oor julle regeer met mag en krag en Ek sal my toorn oor julle laat losbreek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So seker as wat Ek leef,” is die uitspraak van my Heer, die Here, “Ek sal met 'n sterk hand, met 'n uitgestrekte arm en met woede wat uitgestort word, oor julle regeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal julle Koning wees, dit is seker, so seker soos Ek lewe. Ek sal kwaai oor julle regeer en Ek sal julle laat swaarkry en julle straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So seker as wat Ek leef,” sê die Here, die God van Esegiël, “Ek sal julle met ’n ystervuis slaan. Ek sal julle in my woede bykom en platslaan.