Ezekiel 20:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wat in julle gedagtes opkom, sal glad nie wees nie, dat julle sê: Ons sal wees soos die heidene, soos die geslagte van die lande, om hout en klip te dien.
Afrikaans (NLV) 2011 “Julle sê: ‘Ons wil soos die nasies rondom ons wees wat afgode van hout en klip aanbid.’ Maar wat julle wil, sal nooit gebeur nie.
Afrikaans 1933/1953 En wat in julle gees opgeklim het, sal sekerlik nie gebeur nie -- dat julle sê: Ons wil soos die nasies, soos die geslagte van die lande wees, deur hout en klip te dien.
Afrikaans 1983 Wat in julle gedagtes opgekom het, sal nie gebeur nie. Julle dink: ons wil soos die ander nasies wees, soos die mense in ander lande, ons wil hout en klip dien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat in julle gedagte opgekom het, sal beslis nie gebeur nie, naamlik dat julle dink: Ons wil soos die nasies wees, soos die volksgroepe van ander lande, deur hout en klip te dien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle dink julle wil wees soos die ander volke, soos die mense in ander lande wat offers bring vir hout en klip, maar dit sal nie gebeur nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Julle sê: ‘Ons wil soos die ander nasies maak. Ons wil ook gode hê wat van hout en klip en metaal gemaak is.’ Maar julle moet dit weet: dit sal vir seker nie gebeur nie.