Ezekiel 20:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want as julle jul gawes bring, as julle jul seuns deur die vuur laat gaan, verontreinig julle julself met al julle drekgode tot vandag toe; So waar as Ek leef, spreek die HERE HERE, Ek sal my nie deur julle laat raadpleeg nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Want elke keer as julle geskenke vir hulle bring en julle kinders as offers vir hulle verbrand, besoedel julle julleself, tot vandag toe. En moet Ek dan nou luister en julle help, mense van Israel? So seker as wat Ek leef, sê die oppermagtige Here, Ek sal nie met julle praat nie, selfs al kom vra julle vir ’n boodskap.
Afrikaans 1933/1953 ja, deur die aanbieding van julle offergawes, deur julle seuns deur die vuur te laat gaan, is julle verontreinig met al jul drekgode tot vandag toe -- en sou Ek My deur julle laat raadpleeg, o huis van Israel? So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, Ek laat My deur julle nie raadpleeg nie!
Afrikaans 1983 As julle vir die afgode geskenke aandra en julle kinders as offers verbrand, as julle julle nog steeds verontreinig met julle afgode, moet Ek My deur julle laat raadpleeg, Israel? So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “Ek sal My nie deur julle laat raadpleeg nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) deur julle offergawes aan te bied, julle seuns te offer, julleself tot vandag toe te verontreinig met al julle verfoeilike afgode? Moet Ek My dan deur julle laat raadpleeg, huis van Israel? So seker as wat Ek leef,” is die uitspraak van my Heer, die Here, “Ek sal My nie deur julle laat raadpleeg nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sit presente neer vir die afgode, julle verbrand julle kinders, julle maak julleself onrein met julle afgode, tot vandag toe. Volk Israel, moet Ek julle antwoord as julle vir My vra wat sal gebeur? Ek sal julle nie antwoord nie, dit is seker, so seker soos Ek lewe.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle het geskenke vir julle afgode gebring. Julle het julle kinders as offers vir hulle verbrand. En nou kom sit julle ewe vroom en vra dat Esegiël My moet vra om julle te help! Moet Ek na julle luister, Israel? Die Here, Esegiël se God, wil by julle weet: Moet Ek My deur julle laat raadpleeg? So seker as wat Ek leef, Ek sal nie met julle praat nie. Ek het niks om vir julle te sê nie.