Ezekiel 20:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die HERE HERE; Is julle verontreinig volgens die gebruik van julle vaders? en hoereer na hulle gruwels?
Afrikaans (NLV) 2011 “Daarom, gaan sê vir die mense van Israel die oppermagtige Here sê: Gaan julle julle besoedel net soos julle voorouers gedoen het? Gaan julle ontrou wees aan My deur voor die afstootlike afgode te buig?
Afrikaans 1933/1953 Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Wat? Julle is verontreinig in die weg van julle vaders, en julle hoereer agter hulle verfoeisels aan;
Afrikaans 1983 “Sê vir Israel: So sê die Here my God: Julle het julle verontreinig op dieselfde wyse as julle voorvaders en julle het in julle ontrou aan My hulle afstootlike afgode gedien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Daarom, sê vir die huis van Israel, ‘So sê my Heer, die Here: “Wil julle julleself op dieselfde wyse as julle voorouers verontreinig en agter hulle verfoeilike afgode aan hoereer
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Daarom, jy moet vir die volk Israel sê: Die Here, Hy wat Here is, vra: Het julle soos julle voorvaders gelewe en julleself onrein gemaak? Dien julle hulle vuil afgode en is julle ontrou aan My?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daarom moet jy vir die volk gaan sê die Here, die God van Esegiël, sê: Julle het julle lewe verwoes deur nikswerd afgode te aanbid. Julle oupas en oumas het dit ook gedoen. Julle was soos ’n getroude vrou wat by ander mans gaan slaap. Julle het My verruil vir afskuwelike afgode.