Ezekiel 20:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Mensekind, spreek met die oudstes van Israel en sê vir hulle: So spreek die HERE; Kom julle om my te raadpleeg? So waar as Ek leef, spreek die HERE, Ek sal my nie deur julle laat raadpleeg nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, sê vir die leiers van Israel die oppermagtige Here sê: Hoe durf julle My kom vra vir raad? So seker as wat Ek leef, Ek sal vir julle geen raad gee nie. Dit sê die oppermagtige Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Mensekind, spreek met die oudstes van Israel en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kom julle om My te raadpleeg? So waar as Ek leef, gewis, Ek laat my deur julle nie raadpleeg nie, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | “Mens, praat met die leiers van Israel. Sê vir hulle: So sê die Here my God: Het julle gekom om My te raadpleeg? So seker as Ek leef, Ek laat My nie deur julle raadpleeg nie, sê die Here my God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Mensekind, praat met die oudstes van Israel; sê vir hulle, ‘So sê my Heer, die Here: “Is dit om My te raadpleeg dat julle gekom het? So seker as wat Ek leef, Ek laat My nie deur julle raadpleeg nie.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Mens, jy moet praat met die leiers van Israel. Jy moet vir hulle sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Het julle gekom om vir My te vra wat sal gebeur? Ek sal julle nie antwoord nie, dit is seker, so seker soos Ek lewe.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mens, jy moet vir die leiers van Israel die volgende boodskap gee. Sê vir hulle: Julle waag dit om My te vra om julle te help! So seker as wat Ek leef, Ek sal vir julle niks sê en julle glad nie help nie. Dit is die woord van die Here, die God van Esegiël, vir julle. |