Ezekiel 20:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê ek vir hulle: Wat is die hoogte waarheen julle gaan? En die naam daarvan word Bama genoem tot vandag toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het Ek vir hulle gevra: ‘Wat is hierdie hoogte waarheen julle gaan?’ “Dié plekke word vandag nog Bama — ‘hoogte’ — genoem.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Ek aan hulle gesê: Wat is dit vir 'n hoogte waarheen julle gaan? En hulle het dit Hoogte genoem tot vandag toe.
Afrikaans 1983 Ek het vir hulle gesê: Wat se hoogte is dit waarnatoe julle gaan?” Dié soort plek word vandag nog 'n hoogte genoem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het toe vir hulle gevra, ‘Watter hoogte is dit dié waarheen julle gaan?’ ” ’ ” En hulle het dit •Offerhoogte genoem. Dit is vandag nog so.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het toe vir hulle gevra: ‘Wat beteken die offer-plekke waarnatoe julle gaan?’ Hulle noem daardie plekke nou nog offer-plekke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het vir hulle gevra: Waarheen gaan julle? Hoekom loop julle na elke hoë plek? (Israel bring vandag nog sy afgodsoffers op sulke hoë plekke.)