Ezekiel 20:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want toe Ek hulle in die land ingebring het, waarvoor Ek my hand opgehef het om dit aan hulle te gee, het hulle elke hoë heuwel en al die digte bome gesien, en hulle het daar hulle offers gebring, en daar het hulle die terging gebring van hulle offer; daar het hulle ook hulle lieflike geur gemaak en hulle drankoffers daar uitgegiet.
Afrikaans (NLV) 2011 Want toe Ek hulle in die land bring wat Ek aan hulle belowe het, het hulle offers gebring en wierook gebrand op elke heuwel en onder elke groen boom wat hulle gesien het. Hulle het My kwaad gemaak met hulle offers vir hulle afgode. Hulle het wierook gebrand en drankoffers voor hulle uitgegiet.
Afrikaans 1933/1953 toe Ek hulle in die land gebring het waaroor Ek my hand opgehef het om dit aan hulle te gee, het hulle uitgekyk na al die hoë heuwels en al die digte bome, en hulle het daar hul offers geslag en daar hul aanstootlike offergawe gegee en daar hul lieflike offergeur gebring en daar hul drankoffers uitgegiet.
Afrikaans 1983 Ek het hulle na die land toe gebring wat Ek met 'n eed beloof het om aan hulle te gee, en hulle het op elke hoë heuwel en onder elke groen boom wat hulle gesien het, hulle diereoffers gebring, hulle geskenke neergesit wat My gekrenk het, hulle wierookoffers verbrand en hulle drankoffers uitgegiet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het hulle na die land gebring waaroor Ek my hand opgehef het om dit aan hulle te gee. Maar hulle het elke hoë heuwel en elke blaarryke boom raakgesien, en daar hulle •offers geslag, daar tot my ergernis hulle offergawes aangebied, daar hulle geurige offers neergesit en daar hulle •drankoffers uitgegiet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het hulle gebring na die land wat Ek vir hulle belowe het. Maar toe hulle al die hoë heuwels en die groen bome sien, het hulle daar ge-offer en presente neergesit om My te verneder. Hulle het wierook gebrand en drank-offers uitgegooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kort nadat Ek hulle die pragtige land gegee het wat Ek hulle belowe het, het hulle offers en wierook oor die hele land vir hulle afskuwelike afgode verbrand. Hoe kwaad het Ek nie geword nie! Hulle het voor elke afgod gebuig. Hulle het olies wat lekker ruik en wierook gebring en hulle afgode daarmee aanbid.