Ezekiel 20:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, mensekind, spreek met die huis van Israel en sê vir hulle: So spreek die HERE HERE; Maar hierin het julle vaders my gelaster deurdat hulle 'n oortreding teen my begaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, daarom moet jy vir die mense van Israel sê: Die oppermagtige Here sê: Julle voorouers het aangehou om My te laster deur ontrou aan My te wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, mensekind, spreek met die huis van Israel en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Verder het julle vaders My in hierdie saak smaadheid aangedoen, dat hulle troubreuk teen My begaan het: |
| Afrikaans 1983 | “Praat met Israel, mens, sê vir hulle: So sê die Here my God: Julle voorvaders het My ook nog in my eer aangetas deur heeltemal ontrou aan My te word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Daarom, praat met die huis van Israel, mensekind, en sê vir hulle, ‘So sê my Heer, die Here: “Ook nog hierin het julle voorouers My bespot deur hulle troubreuk wat hulle teenoor My gepleeg het: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mens, daarom moet jy praat met die volk Israel, jy moet vir hulle sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Julle voorvaders het My beledig toe hulle heeltemal ontrou geword het aan My. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daarom moet jy vir die mense van Israel hard en duidelik sê wat Ek, die Here, Esegiël se God, sê: Julle oupas en oumas het aangehou om My te beledig en in die rug te steek. |