Ezekiel 20:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek het hulle verontreinig deur hulle gawes, deurdat hulle alles wat die moederskoot oopmaak, deur die vuur laat deurgaan het, sodat Ek hulle 'n wildernis kon maak, sodat hulle kon weet dat Ek die HERE is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het toegelaat dat hulle hulle besoedel met die geskenke wat Ek vir hulle gegee het. Ek het toegelaat dat hulle hulle eersgebore kinders aan hulle gode offer. So wou Ek hulle verwoes, om vir hulle te wys wie Ek, die Here, is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek het hulle verontreinig deur hulle offergawes, omdat hulle deur die vuur laat deurgaan het alles wat die moederskoot open; sodat Ek hulle kon vernietig, dat hulle sou weet dat Ek die HERE is. |
| Afrikaans 1983 | Ek het hulle onrein laat word deur hulle offergawes waarin hulle al hulle eersgeborenes verbrand het, Ek wou hulle skrikbevange maak sodat hulle sou besef dat Ek die Here is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het hulle •onrein laat word deur hulle geskenke, wanneer hulle elke eersteling van die moederskoot offer. Ek het dit toegelaat, sodat Ek hulle verbysterd kon laat, sodat hulle sou besef dat Ek die Here is.” ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het hulle onrein laat word van die offers wat hulle moes bring. Hulle moes hulle oudste seuns verbrand. Ek wou hulle so bang laat word dat hulle sou weet dat Ek die Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het hulle gelos dat hulle hulle lewe verwoes met die goeie geskenke wat Ek vir hulle gegee het. Ek het maar net toegekyk hoe hulle hulle oudste kinders aan afgode wy deur hulle as offers te verbrand. Ek het dit toegelaat sodat die dag kon kom waarop Ek hulle sou vernietig. Dan sou Ek vir hulle duidelik wys dat Ek, en Ek alleen, die Here is.” |