Ezekiel 20:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat hulle my verordeninge nie voltrek het nie, maar my insettinge verag het en my sabbatte ontheilig het, en hulle oë agter die drekgode van hulle vaders aan was.
Afrikaans (NLV) 2011 want hulle was nie gehoorsaam aan my bepalings nie. Hulle het my voorskrifte verag. Hulle het my Sabbatdae geminag en na hulle voorouers se afgode verlang.
Afrikaans 1933/1953 omdat hulle my verordeninge nie gehou het nie, maar my insettinge verwerp het en my sabbatte ontheilig het en hulle oë agter die drekgode van hulle vaders aan was.
Afrikaans 1983 Hulle het immers nie my bepalings nagekom nie, hulle het my voorskrifte verwerp, my sabbatte ontheilig en by hulle voorvaders se afgode hulp gesoek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) omdat hulle my bepalings nie uitgevoer het nie, my vaste voorskrifte verwerp het en my Sabbatte ontheilig het. Hulle oë was net gevestig op die afgodsbeelde van hulle voorouers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het dit gedoen omdat hulle nie gedoen het wat Ek besluit het nie. Hulle het gedink die dinge wat Ek wil hê, is nie belangrik nie, hulle het my Sabbatdae ontwy en hulle het gehou van die afgode van hulle voorvaders.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) omdat hulle hulle nie gesteur het aan wat Ek vir hulle sê nie. Hulle het net gedoen wat hulle wou. Hulle het nie op die sewende dag gerus nie. En hulle het voor die afgode van hulle voorouers neergebuig.