Ezekiel 20:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het ook my hand na hulle opgehef in die woestyn, om hulle onder die nasies te verstrooi en hulle deur die lande te verstrooi;
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Ek het daar in die woestyn gesweer dat Ek hulle onder die nasies en oor al die lande sou verstrooi,
Afrikaans 1933/1953 Tog het k my hand vir hulle opgehef in die woestyn, dat Ek hulle sal versprei onder die nasies en hulle sal verstrooi in die lande;
Afrikaans 1983 Ek het ook daar in die woestyn 'n eed afgelê dat Ek hulle onder die nasies sou verstrooi, hulle oor ander lande sou versprei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op my beurt het Ek daar in die woestyn my hand vir hulle opgehef, dat Ek hulle sou versprei onder die nasies, hulle sou verstrooi in ander lande,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het daar in die woestyn vir hulle gesê dat Ek hulle sal injaag tussen die volke in en dat Ek hulle in ander lande sal laat woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Ek het wel ’n belofte gemaak terwyl my volk nog daar in die woestyn was. Ek het hulle belowe dat Ek hulle nog eendag onder die nasies gaan verstrooi