Ezekiel 20:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Ek het my hand teruggetrek en ter wille van my Naam gewerk, dat dit nie verontreinig sou word voor die oë van die nasies voor wie se oë Ek hulle uitgelei het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Tog het Ek dit nie gedoen nie om my eer te beskerm tussen die nasies wat die mag gesien het waarmee Ek hulle uit Egipte gebring het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Ek het my hand teruggetrek en gehandel ter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies voor wie se oë Ek hulle uitgelei het nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar Ek het My bedwing en gedoen wat die eer van my Naam vereis het. Ek wou nie dat my Naam oneer aangedoen word voor die nasies voor wie se oë Ek my volk uit Egipte gebring het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Ek het my hand teruggehou; Ek het ter wille van my Naam opgetree, sodat dit nie ontheilig sou word in die oë van die nasies ten aanskoue van wie Ek hulle uitgelei het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Maar Ek het dit nie gedoen nie. Ek is die Here. Die ander volke het gesien dat Ek die Israeliete uit Egipte gebring het, en Ek wou nie hê dat daardie volke moet dink Ek kan nie doen wat Ek belowe het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar nogtans het Ek dit nie gedoen nie. Ek het hulle nie vernietig nie om my Naam te beskerm voor die ander nasies omdat Ek belowe het om Israel uit Egipte te lei. |