Ezekiel 20:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die kinders het teen My in opstand gekom: hulle het in my insettinge nie gewandel en my verordeninge nie onderhou om dit te doen nie, wat as iemand dit doen, hy daarin sal lewe; hulle het my sabbatte ontheilig; toe het Ek gesê: Ek sal my grimmigheid oor hulle uitgiet om my toorn teen hulle in die woestyn te laat uitgaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar ook hulle kinders was teen My opstandig. Hulle het geweier om gehoorsaam te wees aan my voorskrifte. Hulle het nie my bepalings nagekom en my wil gedoen nie, al sou gehoorsaamheid daaraan beteken dat hulle lewe. Hulle het my Sabbatdae geminag. Daarom het Ek gedreig om daar in die woestyn my wraak oor hulle uit te giet en my woede oor hulle af te koel.
Afrikaans 1933/1953 Maar die kinders was wederstrewig teen My: hulle het nie gewandel in my insettinge en my verordeninge nie onderhou om dit te doen nie -- wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe; hulle het my sabbatte ontheilig. Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgiet, om my toorn te laat uitwoed teen hulle in die woestyn.
Afrikaans 1983 Maar ook die kinders het hulle teen My verset. Hulle het nie volgens my voorskrifte gelewe nie en nie my bepalings nagekom waarvolgens elkeen moes optree om in die lewe te bly nie. Hulle het my sabbatte ontheilig. Ek het gedink Ek sal my toorn oor hulle laat losbreek en my woede op hulle koel daar in die woestyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Maar die kinders was opstandig teen My. My vaste voorskrifte het hulle nie gevolg nie; my bepalings het hulle nie nougeset nagekom nie – bepalings wat die mens moet uitvoer, sodat hy daardeur kan leef – en my Sabbatte het hulle ontheilig. Ek het dit oorweeg om my woede oor hulle uit te stort, om my toorn op hulle te laat uitwoed in die woestyn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die kinders was opstandig teen My. Hulle het nie gelewe soos Ek vir hulle gesê het nie, hulle het gedink die dinge wat Ek besluit, is nie belangrik nie en hulle het dit nie gedoen sodat hulle kon aanhou lewe nie. Hulle het aangehou om my Sabbatdae te ontwy. Ek het gedink Ek sal aanhou om hulle daar in die woestyn te straf totdat Ek nie meer kwaad is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar hierdie mense het toe ook teen My in opstand gekom. Hulle wou nie doen wat Ek beveel het nie, al het hulle geweet dat dit die enigste manier is om aan die lewe te bly. Hulle het geweier om op die sewende dag te rus. Toe het Ek hulle gedreig dat Ek hulle gaan straf omdat Ek kwaad was vir hulle. Hulle was nog in die woestyn toe dit gebeur het.