Ezekiel 20:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek is die HERE jou God; wandel in my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ‘Ek, die Here, is julle God,’ het Ek vir hulle gesê. ‘Wees gehoorsaam aan my voorskrifte, doen my wil |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek is die HERE julle God; wandel in my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit. |
| Afrikaans 1983 | Ek, die Here, is julle God. Leef volgens my voorskrifte, kom my bepalings na en leef daarvolgens, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek, die Here, is julle God. My vaste voorskrifte moet julle volg en my bepalings moet julle nakom; julle moet dit uitvoer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is julle God die Here. Julle moet lewe soos Ek wil hê en julle moet die dinge doen wat Ek besluit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het vir hulle gesê: Ek is die Here, julle God. Doen wat Ek vir julle sê. Luister na wat Ek julle beveel. |