Ezekiel 20:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Ek het aan hulle kinders in die woestyn gesê: Wandel nie in die insettinge van julle vaders nie, en onderhou hulle verordeninge nie en verontreinig julle nie met hulle drekgode nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daar in die woestyn het Ek ook hulle kinders gewaarsku om nie in hulle ouers se voetspore te volg en hulle nie met die afgode te besoedel nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Ek het aan hulle kinders in die woestyn gesê: Wandel nie in die insettinge van julle vaders nie en onderhou nie hulle verordeninge nie en verontreinig julle nie met hulle drekgode nie. |
| Afrikaans 1983 | “Ek het in die woestyn vir hulle kinders gesê: ‘Moenie volgens die gebruike van julle voorvaders leef nie, moenie aan hulle maniere vashou nie, moet julle nie verontreinig met hulle afgode nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het egter vir hulle kinders in die woestyn gesê, ‘Die vaste voorskrifte van julle ouers moet julle nie volg nie; hulle bepalings moet julle nie nakom nie; met hulle afgodsbeelde moet julle julle nie verontreinig nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het daar in die woestyn vir hulle kinders gesê: ‘Julle moenie lewe soos julle voorvaders altyd gelewe het nie, julle moenie doen wat hulle besluit het nie en julle moenie julleself onrein maak met hulle afgode nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Toe het Ek hulle kinders gewaarsku en gesê hulle moet oppas dat hulle nie dieselfde pad as hulle ouers loop nie. Ek het gesê hulle moet ook nie hulleself besoedel deur afgode te aanbid nie. |