Ezekiel 20:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar my oog het hulle gespaar om hulle te vernietig, en Ek het hulle in die woestyn geen einde gemaak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tog het Ek hulle jammer gekry en hulle nie in die woestyn vernietig nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar my oog het hulle verskoon, sodat Ek hulle nie verdelg het nie en geen einde aan hulle gemaak het in die woestyn nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar Ek het hulle jammer gekry en hulle nie uitgeroei nie, Ek het nie 'n end aan hulle gemaak in die woestyn nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Ek het met soveel medelye na hulle gekyk dat ek hulle nie kon uitdelg nie; Ek het nie aan hulle 'n einde gemaak in die woestyn nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek was jammer vir hulle en Ek het hulle nie doodgemaak nie. Ek het hulle nie almal daar in die woestyn laat sterf nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nogtans het Ek hulle weer jammer gekry en hulle nie daar in die woestyn vernietig nie. |