Ezekiel 20:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat hulle my verordeninge verag en in my insettinge nie gewandel het nie, maar my sabbatte ontheilig het, want hulle hart het agter hulle drekgode aan geloop. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want hulle het my bepalings verwerp, my wil vir hulle geïgnoreer en my Sabbatte geminag. Hulle harte het aan afgode behoort. |
| Afrikaans 1933/1953 | omdat hulle my verordeninge verwerp het en in my insettinge nie gewandel het nie en my sabbatte ontheilig het; want hulle hart het agter hul drekgode aan geloop. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het immers my bepalings verwerp, nie volgens my voorskrifte gelewe nie, my sabbatte ontheilig en die afgode van hulle keuse gedien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is omdat hulle my bepalings verwerp het, my vaste voorskrifte nie gevolg het nie, en my Sabbatte ontheilig het; ja, hulle afgodsbeelde, dit is wat hulle harte bly volg het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het dit gesê omdat hulle gedink het die dinge wat Ek besluit, is nie belangrik nie en omdat hulle nie gelewe het soos Ek wil hê nie en omdat hulle my Sabbatdae ontwy het. Hulle het die afgode gedien wat hulle graag wou hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het vir hulle gesê dat hulle nie die goeie land sal sien nie omdat hulle hulle nie gesteur het aan wat Ek vir hulle sê nie. Hulle het My geïgnoreer. En hulle het nie op die sewende dag van die week gerus soos Ek hulle beveel het nie. Hulle het maar weer voor afgode gaan neerbuig en hulle aanbid. |