Ezekiel 20:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Ek het ook my hand na hulle opgehef in die woestyn, dat Ek hulle nie sou bring in die land wat Ek aan hulle gegee het nie, wat oorloop van melk en heuning, wat die heerlikheid van al die lande is;
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Ek het in die woestyn vir hulle gesweer dat Ek hulle nie in die land sou bring wat Ek vir hulle bestem het nie — die land van melk en heuning, die mooiste plek op aarde.
Afrikaans 1933/1953 So het Ek dan ook my hand vir hulle opgehef in die woestyn, dat Ek hulle nie sou bring in die land wat Ek aan hulle gegee het nie, wat oorloop van melk en heuning -- 'n sieraad is dit van al die lande;
Afrikaans 1983 Ek het ook daar in die woestyn 'n eed afgelê dat Ek hulle nie in die land sou bring wat Ek aan hulle gegee het nie, die land wat oorloop van melk en heuning, die sieraad onder al die lande.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op my beurt het Ek in die woestyn my hand vir hulle opgehef, dat Ek hulle nie sou inbring in die land wat Ek aan hulle sou gee nie, 'n land wat oorloop van melk en heuning, 'n sieraad onder al die lande.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het ook daar in die woestyn vir hulle gesê dat Ek hulle nie by die land sal bring wat Ek vir hulle wou gee nie, 'n land waar daar baie melk en heuning is, die mooiste van al die lande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar daar in die woestyn het Ek vir daardie klomp mense belowe dat Ek hulle nie na die land toe sal vat wat Ek belowe het om vir hulle te gee nie. Daardie land is die mooiste land wat daar op die aarde is. Dit loop oor van goeie dinge.