Ezekiel 20:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Ek het gedoen om my Naam ontwil, dat dit nie verontreinig sou word voor die heidene voor wie se oë Ek hulle uitgelei het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar ter wille van my Naam het Ek dit nie gedoen nie. Anders sou die nasies wat gesien het hoe Ek my volk uit Egipte uitgelei het, kon sê dat Ek hulle vernietig het omdat Ek kwansuis nie vir hulle kon sorg nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar Ek het gehandel ter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies voor wie se oë Ek hulle uitgelei het nie.
Afrikaans 1983 maar Ek het gedoen wat die eer van my Naam vereis het. Ek wou nie dat my Naam oneer aangedoen word voor die nasies voor wie se oë Ek my volk uit Egipte gebring het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Ek het toe ter wille van my Naam opgetree, sodat dit nie ontheilig sou word in die oë van die nasies, ten aanskoue van wie Ek hulle uitgelei het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Maar Ek het dit nie gedoen nie. Ek is die Here. Die ander volke het gesien dat Ek die Israeliete uit Egipte gebring het en Ek wou nie hê dat daardie volke moet dink Ek kan nie doen wat Ek belowe het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) maar ook daar het Ek my woede ingehou om my Naam te beskerm. Anders sou die ander nasies lag en sê: ‘Die Here het sy volk uit Egipte gelei, maar Hy was nie sterk genoeg om vir hulle in die woestyn te sorg nie.’