Ezekiel 20:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die huis van Israel was opstandig teen My in die woestyn; hulle het nie in my insettinge gewandel nie, en hulle het my verordeninge verag, wat as iemand doen, hy daarin sal lewe; en my sabbatte het hulle baie ontheilig;
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar die mense van Israel was in die woestyn opstandig teen My. Hulle het daar al geweier om my voorskrifte te gehoorsaam. Hulle het hulle nie aan my wil gesteur nie, al sou gehoorsaamheid aan hulle die lewe gegee het. Daarom het hulle my Sabbatdae geminag. Ek het gedreig om my wraak oor hulle uit te giet. Ek was van plan om hulle in die woestyn heeltemal te vernietig.
Afrikaans 1933/1953 Maar die huis van Israel was wederstrewig teen My in die woestyn; hulle het nie in my insettinge gewandel nie en my verordeninge verwerp, wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe; en my sabbatte het hulle baie ontheilig. Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgiet in die woestyn om hulle te vernietig.
Afrikaans 1983 Maar Israel het hulle teen My verset in die woestyn. Hulle het nie volgens my voorskrifte gelewe nie en het my bepalings verwerp waarvolgens elkeen moes optree om in die lewe te bly. Hulle het my sabbatte gruwelik ontheilig. Ek het gedink Ek sal my toorn daar in die woestyn teen hulle laat losbreek om hulle uit te roei,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Maar die huis van Israel was opstandig teen My in die woestyn. My vaste voorskrifte het hulle nie gevolg nie, en my bepalings het hulle verwerp, dit wat 'n mens moet uitvoer sodat hy daardeur kan leef. My Sabbatte het hulle gruwelik ontheilig. Ek het dit oorweeg om my woede oor hulle uit te stort, om hulle in die woestyn te vernietig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die volk Israel was opstandig teen My in die woestyn. Hulle het nie gelewe soos Ek wil hê nie. Hulle het gedink die dinge wat Ek besluit, is nie belangrik nie en hulle het dit nie gedoen sodat hulle kon aanhou lewe nie. Hulle het aangehou om my Sabbatdae te ontwy, en Ek het gedink Ek sal hulle daar in die woestyn straf en hulle almal doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar dit was nie lank nie, toe kom die mense van Israel in opstand teen My. Dit het gebeur toe hulle nog in die woestyn was. Hulle wou nie doen wat Ek gesê het nie, alhoewel hulle geweet het dat dit die enigste manier is om te bly lewe. Hulle het ook nie op die sewende dag van die week gerus soos Ek beveel het nie. Daarom het Ek gedreig om hulle te straf omdat Ek baie kwaad was. Ek het planne begin maak om hulle van die aardbol af te vee,