Ezekiel 20:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het Ek ook my sabbatte aan hulle gegee om 'n teken te wees tussen My en hulle, sodat hulle kan weet dat Ek die HERE is wat hulle heilig.
Afrikaans (NLV) 2011 En Ek het vir hulle my Sabbatte gegee as dae van rus, as ’n teken van die verhouding tussen My en hulle. So wou Ek hulle daaraan herinner dat Ek, die Here, hulle afgesonder het om heilig en spesiaal te wees.
Afrikaans 1933/1953 Daarby het Ek ook my sabbatte aan hulle gegee om 'n teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, die HERE, is wat hulle heilig.
Afrikaans 1983 Ek het ook my sabbatte aan hulle gegee om vir hulle 'n teken te wees van die verhouding tussen hulle en My, en sodat hulle sou weet dat Ek, die Here, hulle geheilig het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook my Sabbatte het Ek vir hulle gegee, sodat dit 'n teken sou wees tussen My en hulle, sodat hulle kon besef dat Ek, die Here, hulle heilig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het ook vir hulle my Sabbatdae gegee, dit was 'n teken tussen My en hulle. Hulle moes weet dat Ek, die Here, hulle gekies het om my gewyde volk te wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het toe ook vir hulle die sewende dag as ’n dag gegee waarop ’n mens moet rus. Die sewende dag was die dag waarop Ek hulle daaraan herinner het dat Ek, die Here, hulle eenkant gesit het om aan My te behoort en soos Ek te wees. Hulle was my spesiale volk.