Ezekiel 20:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in die sewende jaar, in die vyfde maand, op die tiende van die maand, het sommige van die oudstes van Israel gekom om die HERE te raadpleeg en voor my gaan sit.
Afrikaans (NLV) 2011 Op 14 Augustus, in die sewende jaar van koning Jojagin se ballingskap, het sommige leiers van Israel by die Here kom raad vra. Hulle het voor my gesit en op sy antwoord gewag.
Afrikaans 1933/1953 En in die sewende jaar, in die vyfde maand, op die tiende van die maand, het daar manne uit die oudstes van Israel gekom om die HERE te raadpleeg; en hulle het voor my gaan sit.
Afrikaans 1983 Op die tiende van die vyfde maand, in die sewende jaar, het daar van die leiers van Israel gekom om die Here te raadpleeg. Hulle het voor my kom sit,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was op die tiende dag van die vyfde maand in die sewende jaar. Manne uit die oudstes van Israel het gekom om die Here te raadpleeg. Hulle het voor my gaan sit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was in die sewende jaar, op die tiende dag van die vyfde maand. Party van die leiers van Israel het gekom om vir die Here te vra wat sal gebeur, en hulle het voor my kom sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was die veertiende Augustus 591 v.C. in die sewende jaar dat koning Jojagin ’n gevangene in ’n vreemde land was. Op daardie dag het party van my volk se leiers my kom vra of ek nie vir hulle ’n boodskap van die Here af het nie. Hulle het voor my gesit en gewag dat ek hulle moet antwoord.