Ezekiel 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet my woorde tot hulle spreek, of hulle dit wil hoor en of hulle dit laat staan, want hulle is uiters wederstrewig.
Afrikaans (NLV) 2011 Gee my boodskap vir hulle, of hulle luister of nie. Maar hulle sal nie luister nie. Die hele spul is immers hardkoppig.
Afrikaans 1933/1953 Maar jy moet hulle my woorde verkondig, of hulle al luister of nie; want hulle is wederstrewig.
Afrikaans 1983 Jy moet vir hulle sê wat Ek sê, of hulle luister of nie, want hulle is weerbarstig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet my woorde vir hulle sê, of hulle luister of verseg om te luister, want hulle is opstandig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle is hardkoppig, maar jy moet vir hulle sê wat Ek sê, as hulle luister en ook as hulle nie luister nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jou werk is om alles wat Ek vir jou sê presies so vir hulle te sê, of hulle hulle daaraan steur of nie. Onthou dat hulle ’n klomp rebelle is. Hulle sal vir seker nie na jou luister nie!