Ezekiel 2:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy, mensekind, wees nie bevrees vir hulle en wees nie bevrees vir hulle woorde nie, al is distels en dorings by jou, en jy woon tussen skerpioene; wees nie bevrees vir hulle woorde nie, en wees nie verskrik vir hulle oë hulle is 'n opstandige huis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, moenie vir hulle bang wees nie. Moenie vrees nie, selfs al steek hulle dreigemente soos skerp dorings en doringstruike, en al leef jy tussen skerpioene. Moenie skrik vir wat hulle sê nie en moenie vrees vir hoe hulle lyk nie. Onthou, hulle is ’n klomp opstandige mense. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy, mensekind, wees nie vir hulle of vir hulle woorde bevrees nie, omdat distels en dorings by jou is, en jy by skerpioene woon; wees nie bevrees vir hulle woorde en wees voor hulle aangesig nie verskrik nie, want hulle is 'n wederstrewige huis. |
| Afrikaans 1983 | En jy, mens, moenie vir hulle bang wees nie, ook nie vir wat hulle sê nie, al stuit jy op weerstand, op dorings, al sit jy op skerpioene. Moenie bang wees vir wat hulle sê nie, moenie vir hulle skrik nie. Hulle is 'n weerbarstige volk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar jy, mensekind, jy moet nie bang wees vir hulle of vir hulle woorde nie. Moenie bang wees nie, al is dorings en distels jou voorland en al sit jy by skerpioene. Vir hulle woorde moet jy nie bang wees nie, en deur hulle gesigte moet jy jou nie laat afskrik nie, al is hulle die rebelse huis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En jy, mens, jy moenie bang wees vir hulle nie. Jy moenie bang wees vir wat hulle sê nie, ook wanneer hulle hardkoppig is en dit vir jou voel of jy op dorings en skerpioene sit. Jy moenie bang wees vir wat hulle sê nie en jy moenie skrik vir hulle nie, want hulle is 'n opstandige volk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mens, jy mag nie bang wees vir die mense vir wie jy hierdie boodskap bring nie. Jy mag jou ook nie steur aan wat hulle dalk oor jou boodskap te sê het nie. Selfs al dreig hulle jou en voel dit of hulle beledigings jou soos ’n skerp doringheining of giftige skerpioene steek, moet jy regop tussen hierdie klomp mense gaan staan en hardop alles uitroep wat Ek vir jou sê. Moenie dat hulle jou die skrik op die lyf jaag nie. Onthou heeltyd hoe hulle van die begin af tot nou toe teen My in opstand was. |