Ezekiel 2:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle, of hulle wil hoor, en of hulle dit sal laat staan (want hulle is 'n wederstrewige huis), sal tog weet dat daar 'n profeet onder hulle was.
Afrikaans (NLV) 2011 En of hulle luister of nie, hulle moet ten minste weet dat daar ’n profeet tussen hulle is. Onthou, hulle is ’n opstandige spul.
Afrikaans 1933/1953 Maar of hulle nou al luister of nie -- want hulle is 'n wederstrewige huis -- hulle sal moet erken dat daar 'n profeet in hulle midde gewees het.
Afrikaans 1983 of hulle luister of nie, want hulle is 'n weerbarstige volk, maar hulle sal agterkom dat daar 'n profeet tussen hulle is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En hulle, of hulle nou luister of verseg om te luister – want hulle is die rebelse huis – hulle sal besef dat daar 'n profeet onder hulle was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En húlle, hulle moet weet dat daar 'n profeet tussen hulle is. Hulle moet dit weet as hulle luister en hulle moet dit ook weet as hulle nie luister nie. Want hulle is 'n opstandige volk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy moet met hulle praat, of hulle nou luister en of hulle nie luister nie. Want onthou, hulle is ’n klomp rebelle wat heeltyd teen My in opstand is. As hulle na jou geluister het, sal hulle ten minste weet dat daar iemand onder hulle was wat gepreek het oor wat die Here wil hê hulle moet doen.