Ezekiel 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hulle is onbeskof kinders en hard van hart. Ek stuur jou na hulle; en jy moet vir hulle sê: So spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle is ’n hardkoppige geslag wie se harte verhard is. Maar Ek stuur jou om vir hulle te gaan sê: ‘Dit is wat die oppermagtige Here sê!’
Afrikaans 1933/1953 En die kinders is hard van aangesig en verstok van hart. Ek stuur jou na hulle, en jy moet vir hulle sê: So spreek die Here HERE!
Afrikaans 1983 Dit is moedswillige en hardkoppige mense na wie toe Ek jou stuur. Jy moet vir hulle sê wat Ek, die Here God, sê,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dié kinders het stroewe gesigte en harde harte. Ek stuur jou na hulle en jy moet vir hulle sê, ‘So sê my Heer, die Here. ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle is hardkoppige mense en hulle wil nie luister nie. Ek stuur jou na hulle toe, en jy moet vir hulle sê wat Ek, die Here, sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle is vreeslik moedswillig, die mense na wie toe Ek jou stuur. Hulle doen nie wat Ek vir hulle sê nie. En hulle is hardkoppig. Hulle hoor nie as Ek met hulle praat nie. Ek gee jou die opdrag: jy moet presies vir hulle gaan sê wat Ek, die Here hulle God, vir jou sê om vir hulle te gaan vertel. Jy moet vir hulle gaan sê: ‘Dit is wat die Here sê wat oor alles regeer!’