Ezekiel 2:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy het vir my gesê: Mensekind, Ek stuur jou na die kinders van Israel, na 'n opstandige nasie wat teen My in opstand gekom het; hulle en hulle vaders het teen My oortree tot vandag toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind,” het Hy gesê, “Ek stuur jou na die volk Israel toe, ’n nasie wat teen My rebelleer. Hulle voorouers het al van die begin af teen My gerebelleer, en hulle is steeds tot vandag toe in opstand teen My. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy sê toe vir my: Mensekind, Ek stuur jou na die kinders van Israel, na die opstandige nasies wat teen My opgestaan het; hulle en hul vaders het teen My oortree tot hierdie selfde dag toe. |
| Afrikaans 1983 | Hy het vir my gesê: “Mens, Ek stuur jou na die Israeliete toe, 'n opstandige nasie wat teen My in opstand gekom het. Hulle en hulle voorvaders het hulle teen My verset tot op hierdie dag toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het vir my gesê: “Mensekind, Ek stuur jou na die Israeliete toe, na daardie rebelse nasies wat teen My in opstand gekom het. Hulle en hulle voorouers het teen My oortree tot op die dag van vandag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het vir my gesê: “Mens, Ek stuur jou na die Israeliete toe. Hulle is 'n opstandige volk wat ongehoorsaam is aan My. Hulle en hulle voorvaders wou nie luister na My nie, tot vandag toe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het gesê: “Mens, Ek stuur jou na die nasie, na Israel toe. Dit is ’n nasie wat aanhoudend teen My in opstand kom. Hulle oupagrootjies en oupas het van die begin af al teen My in opstand gekom. En vandag is die volk Israel steeds in opstand teen My. |