Ezekiel 2:10 — Compare Translations
6 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het dit voor my uitgesprei; en dit was van binne en van buite geskrywe, en daarin was klaagliedere en rou en wee geskrywe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hand het die boek oopgerol en daar was hartseer begrafnisliedere en klaagliedere aan albei kante daarvan geskryf. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het dit voor my uitgesprei; en dit was beskrywe op die voor-- en agterkant, en daarop was geskrywe klaagliedere en gesug en wee. |
| Afrikaans 1983 | Die hand het die boekrol voor my oopgerol. Dit was aan albei kante volgeskryf, en wat daarop geskryf was, was klaagliedere, treurliedere en smartroepe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het dit voor my oopgerol. Op die voor- en agterkant daarvan was daar geskryf; treurliedere, versugtinge en weeklagte was daarop neergeskryf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het dit oopgerol voor my, en op die boekrol was daar iets geskryf, voor en agter. Dit was die woorde wat mense gebruik wanneer hulle wil huil en treur en bid en kla. |