Ezekiel 19:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die nasies teen hom opgetrek van rondom van die provinsies af en hulle net oor hom uitgesprei; hy is in hulle kuil gevang. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het die leërs van die nasies hom aangeval en van alle kante omsingel. Hulle het hulle vangnette uitgegooi en hom in hulle vanggat vasgekeer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die nasies rondom uit die lande hulle teen hom opgestel en hul net oor hom uitgesprei; in hulle vangkuil is hy gevang. |
| Afrikaans 1983 | Die mense het die nasies in die lande rondom teen hom aangehits, en dié het hulle vangnet oor hom gegooi en hom in 'n vanggat gevang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nasies het hulle teen hom opgestel uit die omliggende gebiede; hulle vangnet is oor hom gegooi; in hulle vangkuil is hy gevang. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar mense het die volke bymekaargebring teen hom, die volke uit al die lande rondom hom. Hulle het hulle vangnet oor hom gegooi en hulle het hom gevang in hulle vang-gat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het die mense van verskillende lande hom aangeval. Hulle het hom omsingel en hulle het hulle nette uitgegooi. Hulle het hom uiteindelik in ’n gat vasgekeer en gevang. |