Ezekiel 19:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het hulle verlate paleise geken en hulle stede verwoes; en die land was 'n wildernis en die volheid daarvan deur die geluid van sy brul.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vestings van nasies vernietig en hulle dorpe verwoes. Die land en almal daarin was verskrik wanneer hulle hom hoor brul.
Afrikaans 1933/1953 Hy het hulle weduwees beken en hulle stede verwoes; ja, die land en sy volheid was verskrik vanweë die geluid van sy gebrul.
Afrikaans 1983 Hy het hulle weduwees vir hom gevat en hulle stede verwoes. Die land en almal daarin was verskrik vir sy gebrul.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het hulle vestings verwoes, hulle dorpe in puin gelê. Die land en alles daarop het gebeef vir die geluid van sy gebrul.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het by hulle weduwees geslaap en hy het hulle stede verwoes. Almal in die land het bang geword wanneer hy brul.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het weduwees gevang en opgevreet en hele dorpe en stede verwoes. Later het die mense se plase leeg gelê en die oeste op die landerye het vergaan, want almal het gebewe so bang was hulle vir hierdie leeu as hy gebrul het.