Ezekiel 19:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe sy sien dat sy gewag het en haar hoop verloor het, het sy nog een van haar kleintjies geneem en vir hom 'n jong leeu gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 “‘Toe die leeuwyfie sien dat al haar hoop vir hom vernietig is, het sy ’n ander welpie gevat en hom ’n sterk jong leeu gemaak.
Afrikaans 1933/1953 En toe sy sien dat sy teleurgestel is, haar hoop verlore, het sy 'n ander een van haar kleintjies geneem, hom 'n jong leeu gemaak.
Afrikaans 1983 “Toe die leeuwyfie sien sy kry nie haar sin nie en dit is klaar met die verwagting wat sy gehad het, vat sy nog een van haar welpies en maak van hom ook 'n jong leeu.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Toe sy sien haar hoop is verydel, haar verwagting verlore, het sy een van haar welpies geneem, 'n jong leeu van hom gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die leeu-wyfie het gesien dat haar plan nie geslaag het nie. Sy het 'n ander welpie geneem en sy het hom 'n sterk jong leeu gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die leeuwyfie het dit gesien en besef dat al haar hoop weggevat is. Toe het sy nog een van haar welpies gevat en hom geleer hoe om ook ’n sterk leeumannetjie te word.