Ezekiel 19:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die nasies het ook van hom gehoor; hy is in hulle kuil gevang, en hulle het hom met kettings na Egipteland gebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Die nasies het van hom gehoor. Hulle het hom in ’n vanggat gevang. En hulle het hom in kettings na Egipte weggelei.
Afrikaans 1933/1953 En die nasies het van hom gehoor; in hulle vangkuil is hy gevang, en hulle het hom met hake na Egipteland gebring.
Afrikaans 1983 Maar die nasies het van hom gehoor en hom in 'n vanggat gevang. Hulle het hom met hake na Egipte toe gesleep.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nasies het van hom gehoor; in hulle vangkuil is hy gevang; met hake het hulle hom na Egipteland geneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die ander volke het gehoor van hom en hulle het hom in 'n vang-gat gevang, hulle het hom met groot ysterhoeke na Egipte gebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die nasies het van hom gehoor. Toe het hulle gekom en ’n vanggat gegrawe en hom daarin gevang. Hulle het hom toe met sterk kettings vasgebind en weggevat Egipte toe.