Ezekiel 19:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En vuur het uitgegaan uit 'n staf van haar takke wat haar vrugte verteer het, sodat sy geen sterk staf het om 'n septer te wees om te heers nie. Dit is 'n klaaglied, en sal vir 'n klaaglied wees.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Vuur het uit sy takke gekom en die vrugte verbrand. Van die oorblywende takke is nie een sterk genoeg vir ’n koninklike septer nie.’ “Dit is ’n begrafnislied. Dit is nou tyd vir die begrafnis.”
Afrikaans 1933/1953 En vuur het uitgegaan uit sy tak vol lote, dit het sy vrugte verteer; en geen sterk tak is daarin as septer om te heers nie. 'n Klaaglied is dit, en 'n klaaglied het dit geword.
Afrikaans 1983 maar daar het vuur uit die lote gekom en sy ranke en vrugte verteer. Toe was daar nie meer sterk lote aan die wingerdstok, geskik vir koninklike septers nie.” Dit is 'n treurlied hierdie. Dit het 'n treurlied geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vuur het uit die stam met sy ranke versprei; dit het sy vrugte verteer. Aan die wingerdstok is nie meer 'n sterk stam, 'n septer om te heers nie.’ “Dit is 'n treurlied; dit moet dien as 'n treurlied.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En daar het vuur gekom uit die wingerdstok se stam en dit het die ranke en die druiwe verbrand. Toe was daar nie meer 'n sterk tak wat 'n koning se septer kon wees nie.” Dit is 'n klaaglied hierdie. Dit het 'n klaaglied geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Vuur het van die takke af gekom en die vrug van die druiwestok vernietig. Nie een van die takke wat nou groei, is sterk genoeg om uitgesny te word en as ’n staf vir ’n koning te dien nie.” Dit is die lied wat jy by die begrafnis moet sing. Die begrafnis het nou net begin.