Ezekiel 19:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar sy is in grimmigheid uitgeruk, op die grond neergewerp, en die oostewind het haar vrugte laat opdroog; haar sterk stokke het gebreek en verdor; die vuur het hulle verteer.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar dit is in woede ontwortel en teen die grond neergegooi. Die woestynwind het dit laat opdroog en die vrugte gestroop. Die takke is afgeruk en deur vuur verbrand.
Afrikaans 1933/1953 Maar dit is in grimmigheid uitgeruk, teen die grond gegooi, en die oostewind het sy vrugte laat verdroog; hulle is afgeruk en het verdroog; sy sterk tak -- die vuur het dit verteer.
Afrikaans 1983 Maar hy is in woede uitgeruk en op die grond neergegooi. Die oostewind het hom uitgedor en sy vrugte is afgepluk. Sy sterk lote het verdroog en is verbrand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Maar dit is in woede uitgeruk, op die grond neergegooi. Die oostewind het sy vrugte laat verdor; sy sterk stamme is afgeskeur en het verdroog, vuur het dit verteer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar mense het kwaad geword vir die wingerdstok. Hulle het hom uitgeruk, en die oostewind het hom droog laat word. Hulle het sy druiwe afgepluk, sy sterk ranke het droog geword en hulle het dit verbrand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar toe is die druiwestok in woede uitgeruk en op die grond neergegooi. Die warm woestynwind het die vrugte laat verdroog en sy takke afgeruk. Die stam van die druiwestok is deur vuur vernietig.