Ezekiel 19:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy het sterk latte gehad vir die septers van die wat heers, en haar gestalte was verhewe tussen die digte takke, en sy het verskyn in haar hoogte met die menigte van haar takke.
Afrikaans (NLV) 2011 Haar takke was sterk, sterk genoeg vir septers van konings. Dit het hoog uitgetoring bo almal. Dit het uitgestaan omdat dit hoog was en ’n groot klomp welige takke gehad het.
Afrikaans 1933/1953 En dit het sterk takke gekry om as septers vir heersers te dien, en sy top was hoog tussen die digte takke in; en dit het hom vertoon in sy hoogte, in die menigte van sy ranke.
Afrikaans 1983 Hy het sterk lote gehad, geskik vir koninklike septers. Hy het hoog gegroei, tot by die wolke, en jy kon hom uitken aan sy hoogte en sy baie ranke.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit het sterk stamme gehad, geskik vir die septers van heersers. Die top daarvan was hoog, bo tussen digte ranke – uitkenbaar aan sy hoogte, aan sy baie blare.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die wingerdstok het sterk ranke gekry. 'n Mens kon septers vir konings maak van die ranke. Die wingerdstok het hoog gegroei, sy boonste punt was tussen die wolke. Almal kon sien hy is groot en hy het baie ranke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die takke van die druiwestok het sterk geword, so sterk dat hulle ’n staf daaruit gemaak het waarmee die koning regeer het. Ná ’n ruk het die druiwestok hoog gegroei en bo al die ander druiwestokke uitgestaan. Hy het uitgestaan bokant die ander, so hoog was hy en so hoog het sy takke gegroei.