Ezekiel 18:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het in my insettinge gewandel en my verordeninge onderhou om getrou te handel; hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy lewe volgens my voorskrifte en is getrou aan my bepalings. So ’n persoon is regverdig. Hy sal waarlik bly lewe, sê die oppermagtige Here.
Afrikaans 1933/1953 in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou om eerlik te handel -- hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 hy sal lewe volgens my voorskrifte, my bepalings gehoorsaam en hulle getrou nakom. “So iemand leef volgens my wil en hy sal bly lewe,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) volgens my vaste voorskrifte leef, my bepalings nakom deur eerlik op te tree – hy is regverdig en sal beslis leef.” Dit is die uitspraak van die Heer, die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) hy lewe soos Ek sê en hy doen wat Ek wil hê, hy doen die regte dinge. “So 'n mens lewe reg. Hy sal aanhou lewe, dit is seker.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy doen alles wat Ek vra. Wel, so ’n mens sal lewe. Ek sal hom laat lewe, want hy doen wat goed en reg is,” sê die Here, Esegiël se God.