Ezekiel 18:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat nie op woeker uitgegee het nie en geen verhoging geneem het nie, wat sy hand van ongeregtigheid teruggetrek het, het 'n ware oordeel tussen mens en mens voltrek,
Afrikaans (NLV) 2011 Hy leen nie geld op rente nie, en eis nie woekerwins nie. Hy weerhou hom van onreg en laat reg geskied tussen mense.
Afrikaans 1933/1953 nie leen op rente en geen woeker neem nie; sy hand terughou van onreg, eerlike regspraak oefen tussen man en man;
Afrikaans 1983 hy sal nie geld op rente uitleen nie en nie woekerwins vat nie, hy sal hom van onreg weerhou en reg laat geskied in sake tussen mense,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) nie teen rente uitleen nie, nie woekerrente neem nie, van onreg hom weerhou, eerlik oordeel tussen mense,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) hy sê nie dat mense rente moet betaal wanneer hy vir hulle geld leen nie, en wanneer hy sê dat hulle rente moet betaal, dan vra hy nie te veel rente nie, hy doen nie verkeerde dinge nie, hy oordeel reg tussen mense,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En as hy dalk geld vir iemand leen, vra hy nie rente nie. Hy doen nie verkeerde dade nie en is nie opstandig teen My nie. Hy doen net wat goed is.