Ezekiel 18:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en niemand verdruk nie, maar sy pand aan die skuldenaar teruggegee, niemand met geweld geplunder nie, sy brood aan die hongeriges gegee en die naaktes met 'n kleed bedek; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy verdruk nie mense nie en gee goed terug wat hy in pand geneem het. Hy beroof niemand nie, maar gee kos vir honger mense en klere vir behoeftiges. |
| Afrikaans 1933/1953 | en niemand verdruk nie; wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, sy brood gee en die wat naak is, met 'n kleed toedek; |
| Afrikaans 1983 | hy sal niemand verdruk nie, hy sal goed wat hy in pand geneem het, teruggee, hy sal niemand beroof nie, hy sal van sy kos gee vir dié wat honger is, hy sal klere gee vir dié wat nie klere het nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | niemand verdruk nie, die pand wat hy vir skuld neem, teruggee, niemand beroof nie, sy brood aan honger mense gee, wie nakend is, met 'n kleed bedek, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | hy verdruk niemand nie, hy gee die goed terug wat hy geneem het omdat iemand nie sy skuld kon betaal nie, hy vat nie ander mense se goed nie, hy gee vir honger mense kos en hy gee klere vir mense wat nie klere het nie, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie man doen goed aan ander mense. Hy leen nie vir die arm mense nie. Nee, hy gee sommer vir hulle verniet wat hulle nodig het. Hy gee kos vir die mense wat honger is en klere vir mense wat koud kry. |