Ezekiel 18:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het nie op die berge geëet en sy oë nie opgeslaan na die drekgode van die huis van Israel nie, en sy naaste se vrou nie verontreinig nie, en nie nader gekom tot 'n vrou wat menstrueer het nie,
Afrikaans (NLV) 2011 hy vier nie saam fees voor die afgode van Israel, en aanbid hulle nie. Hy is nie ontrou aan sy eie vrou, en slaap nie by ’n vrou wat menstrueer nie.
Afrikaans 1933/1953 nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel en die vrou van sy naaste nie verontreinig en nie naby 'n vrou kom as sy onrein is nie,
Afrikaans 1983 “hy sal nie aan die offermaaltye op die berge deelneem nie, hy sal nie hulp soek by die afgode van die volk Israel nie, hy sal nie 'n ander se vrou onteer nie, hy sal nie aan 'n vrou raak wat menstrueer nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) op die berge nie eet nie, sy oë nie rig op die afgodsbeelde van die huis van Israel nie, die vrou van sy medemens nie verontreinig nie, by 'n vrou wat menstrueer, nie kom nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) eet nie offer-etes op die berge nie, hy hou nie van die afgode van die volk Israel nie, hy maak nie iemand anders se vrou onrein nie, hy slaap nie by 'n vrou wat menstrueer nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het nie voor afgode neergebuig en hulle aanbid soos die ander mense van sy volk nie. En sê nou hy het nie by ’n ander man se vrou geslaap nie, en hy het net gedoen wat die Here vra.