Ezekiel 18:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, alle siele is myne; soos die siel van die vader, so is ook die siel van die seun myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | want Ek oordeel alle mense — ouers en kinders. Ek oordeel volgens dié reël: Die mens wat sondig, sal sterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun -- hulle is myne; die siel wat sondig, die moet sterwe. |
| Afrikaans 1983 | Al die mense behoort aan My, vaders en kinders is Myne. Dit is die mens wat sondig wat sal sterf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, alle lewens – aan My behoort dit. Soos die lewe van die seun, so ook die lewe van die vader – aan My behoort dit. Die persoon wat sonde doen, dié moet sterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet dit weet, almal se lewe behoort aan My, die lewe van die pa en die lewe van die kind. Hulle behoort aan My. Die persoon wat sonde doen, hý sal sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | want Ek besluit oor elke mens. En Ek straf elke mens soos hy verdien. Ek besluit oor ouers, en Ek besluit oor kinders. En dit is hoe Ek oor elkeen oordeel: die mens wat verkeerd doen, word gestraf daarvoor. Hy sal doodgemaak word. |