Ezekiel 18:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die HERE HERE. Daarom bekeer julle en lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek wil nie dat julle doodgaan nie, sê die oppermagtige Here. Draai terug en lewe!”
Afrikaans 1933/1953 Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here HERE. Bekeer julle dan en lewe.
Afrikaans 1983 Dit is nie my wil dat die mens moet sterf nie,” sê die Here my God, “maar dat hy hom bekeer en bly lewe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, Ek vind nie vreugde in die dood van een wat moet sterf nie,” is die uitspraak van die Heer, die Here. “Bekeer julle en leef!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek wil nie hê dat mense moet sterf nie, Ek wil hê hulle moet hulle lewe verander sodat hulle kan aanhou lewe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wil nie dat julle doodgemaak word nie, mense van Israel. Draai om en loop agter My aan, en lewe,” sê die Here, die God van Esegiël.