Ezekiel 18:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Werp al julle oortredinge waarmee julle oortree het, van julle af weg; en maak vir julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees; want waarom sal julle sterwe, o huis van Israel?
Afrikaans (NLV) 2011 Plaas al julle opstandigheid agter julle, en kry vir julleself ’n nuwe hart en ’n nuwe gees. Want hoekom wil julle sterf, mense van Israel?
Afrikaans 1933/1953 Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel?
Afrikaans 1983 Laat vaar al julle oortredings en kry 'n nuwe gesindheid, 'n nuwe gees. Waarom wil julle sterf, Israel?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Werp al julle oortredings van julle af weg, dit waarmee julle oortree het, en maak vir julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees. Waarom moet julle sterf, huis van Israel?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet ophou om opstandig te wees, julle moet 'n nuwe hart en 'n nuwe gees kry. Mense van Israel, hoekom wil julle sterf?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hou op om teen My in opstand te wees. Vra My om vir julle ’n nuwe hart en ’n nuwe binneste te gee. Hoekom wil julle op die slegte pad aanhou totdat Ek julle doodmaak?