Ezekiel 18:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die huis van Israel sê: Die weg van die HERE is nie gelyk nie. O huis van Israel, is my weë nie gelyk nie? is julle weë nie ongelyk nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “En tog hou die mense van Israel aan om te sê: ‘Die Here is onregverdig!’ Mense van Israel, dit is julle wat onregverdig is, nie Ek nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | Tog sê die huis van Israel: Die weg van die Here is nie reg nie. Is my weë nie reg nie, o huis van Israel? Is julle weë nie onreg nie? |
| Afrikaans 1983 | En dan sê Israel: ‘Die Here tree nie reg op nie.’ Is dit Ek wat nie reg optree nie, Israel? Dit is julle wat nie reg optree nie! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Tog sê die huis van Israel, ‘Die optrede van my Heer is onaanvaarbaar.’ My optrede, is dit onaanvaarbaar, huis van Israel? Is dit nie julle optrede wat onaanvaarbaar is nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die volk Israel sê Ek doen nie reg nie. Hoekom sê julle so? Mense van Israel, dit is nie Ék wat verkeerd doen nie, dit is júlle wat nie reg doen nie! |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Tog sê die mense van Israel aanhoudend: ‘Die Here tree nie reg op nie!’ Hoor hier, dis julle wat nie reg optree nie, mense van Israel. |