Ezekiel 18:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat hy ag gee op en afwyk van al sy oortredinge wat hy begaan het, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal lewe omdat hulle oor hulle lewe nagedink het en besluit het om van hulle sondes weg te draai. Sulke mense sal nie doodgaan nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | hy het dit ingesien en hom bekeer van al sy oortredinge wat hy begaan het; hy sal sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie. |
| Afrikaans 1983 | Omdat hy tot insig gekom het en hom bekeer het van al sy oortredings wat hy begaan het, sal hy bly lewe, hy sal nie sterwe nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As hy tot insig gekom het en hom bekeer van al die oortredings wat hy begaan het, sal hy beslis leef – hy sal nie sterf nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het gesien wat kan gebeur en hy het opgehou om opstandig te wees, daarom sal hy lewe, dit is seker. Hy sal nie sterf nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal lewe omdat hulle van die verkeerde pad omgedraai het om agter My aan te loop. |