Ezekiel 18:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Weer, as die goddelose hom bekeer van sy boosheid wat hy gedoen het, en doen wat reg en reg is, sal hy sy siel in die lewe hou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En as slegte mense van hulle slegte optrede wegdraai en doen wat die wet vereis en wat reg is, sal hulle hulle eie lewe red. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid wat hy gedoen het, en reg en geregtigheid doen -- hy sal sy siel in die lewe behou; |
| Afrikaans 1983 | En as 'n goddelose hom bekeer van sy goddelose optrede en hy laat reg geskied en doen reg, hou hy hom in die lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En wanneer 'n goddelose hom bekeer van die goddeloosheid wat hy begaan het, en hy tree reg en billik op – hy sal sy lewe behou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En wanneer iemand wat altyd verkeerd gedoen het, ophou om verkeerd te doen en hy doen reg, dan red hy sy eie lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En as mense wat slegte dinge doen, daarmee ophou en begin doen wat Ek sê, sal hulle bly leef. |