Ezekiel 18:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar julle sê: Die weg van die HERE is nie gelyk nie. Hoor tog, o huis van Israel! Is my manier nie gelyk nie? is julle weë nie ongelyk nie?
Afrikaans (NLV) 2011 “Tog sê julle: ‘Die Here is nie regverdig nie!’ Luister na My, mense van Israel. Is dit Ek wat onregverdig optree, of is dit julle?
Afrikaans 1933/1953 Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie. Hoor tog, o huis van Israel! Is my weg nie reg nie? Is julle weë nie onreg nie?
Afrikaans 1983 “Julle sê: ‘Die Here tree nie reg op nie.’ Luister, Israel, tree Ék nie reg op nie? Dit is julle wat nie reg optree nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Julle sê egter, ‘Die optrede van my Heer is onaanvaarbaar.’ Luister tog, huis van Israel: Is my optrede onaanvaarbaar? Is dit nie julle optrede wat onaanvaarbaar is nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sê Ek doen nie reg nie. Luister, volk Israel, is dit Ék wat nie reg doen nie of is dit júlle wat nie reg doen nie? Dit is júlle wat nie reg doen nie!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar nou sê julle: ‘Die Here tree nie reg op nie! Hy is nie regverdig teenoor mense nie!’ Wat? Luister ’n bietjie hier, mense van Israel. Is dit Ek wat nie reg optree nie? Is dit nie eerder julle wat nie reg optree nie?