Ezekiel 18:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en doen wat reg en reg is, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar as slegte mense ophou om slegte dinge te doen en my voorskrifte begin gehoorsaam en doen wat goed en reg is, sal hulle verseker lewe. Hulle sal nie doodgemaak word nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
Afrikaans 1983 “Maar die goddelose wat hom van al sy sondes bekeer, al my voorskrifte nakom, reg laat geskied en reg doen, sal bly lewe, hy sal nie sterwe nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Maar die goddelose, as hy hom bekeer van al sy sonde wat hy gedoen het, en hy kom al my vaste voorskrifte na en doen wat reg en billik is – hy sal beslis leef; hy sal nie sterf nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “En wanneer iemand wat altyd verkeerd gedoen het, ophou om al die sondes te doen wat hy gedoen het en hy lewe dan soos Ek sê en hy doen reg, dan sal hy aanhou lewe, dit is seker, hy sal nie sterf nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar as slegte mense die slegte ophou doen en omdraai en agter My begin aanloop, en hulle doen wat Ek die mens beveel het om te doen, sal hulle lewe. Ek sal hulle nie doodmaak nie.