Ezekiel 18:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat bedoel julle dat julle hierdie spreekwoord oor die land van Israel gebruik, deur te sê: Die vaders het suur druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hoekom gebruik julle dié spreekwoord in die land Israel: “‘Die ouers eet groen druiwe, en die kinders se tande word stomp’? |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Israel, naamlik: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword? |
| Afrikaans 1983 | “Waarom gebruik julle in die land Israel hierdie spreekwoord: “ ‘Die vaders eet groen druiwe, en dan word die kinders se tande stomp’? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik oor die land Israel, ‘Die ouers het groen druiwe geëet, en die kinders se tande het stomp geword’? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Hoekom gebruik julle hierdie spreekwoord oral in die land? Julle sê: ‘Die pa’s het groen druiwe geëet, en toe het die kinders se tande stomp geword.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hoekom sê die mense van Israel: Die ouers eet groen druiwe, en hulle kinders trek hulle gesigte op ’n plooi, so suur is die druiwe, oftewel: die ouers doen sonde, dan word die kinders daarvoor gestraf? |