Ezekiel 18:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar sê julle: Waarom? dra die seun nie die ongeregtigheid van die vader nie? As die seun doen wat reg en reg is en al my insettinge onderhou en dit doen, sal hy sekerlik lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 “Nou vra julle: ‘Waarom word die seun nie vir die pa se sondes verantwoordelik gehou nie?’ Die seun het dan gedoen wat reg en goed is en hy het my voorskrifte onderhou; daarom sal hy verseker lewe.
Afrikaans 1933/1953 Maar julle sê: Waarom dra die seun nie saam die ongeregtigheid van die vader nie? Maar die seun het reg en geregtigheid gedoen en al my insettinge onderhou en dit volbring -- hy sal sekerlik lewe!
Afrikaans 1983 “Julle vra waarom die seun nie die straf op sy pa se sonde kan dra nie? Omdat die seun reg laat geskied en reg leef. Hy is gehoorsaam aan al my voorskrifte en hy voer hulle uit, en daarom sal hy bly lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Maar julle vra, ‘Waarom dra die seun nie die sondeskuld van die vader nie?’ Die seun het egter gedoen wat reg en billik is; al my vaste voorskrifte het hy nagekom en uitgevoer. Hy sal beslis leef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En julle vra hoekom Ek nie 'n seun straf oor die sonde van sy pa nie? Die seun het reg gedoen en reg gelewe, hy was gehoorsaam aan alles wat Ek gesê het en hy het dit gedoen. Hy sal aanhou lewe, dit is seker.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Nou sê jy: ‘Maar ’n kind moet ook mos vir sy pa se slegte dade betaal! Hy moet net soos sy pa gestraf word!’ Nee! Nooit nie. As die kind reg doen, sal hy lewe. Hy doen wat Ek sê.