Ezekiel 18:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | wat sy hand van die armes afgeneem het, wat geen woeker of inkomste ontvang het nie, my verordeninge voltrek, in my insettinge gewandel het; hy sal nie sterwe weens die ongeregtigheid van sy vader nie, hy sal sekerlik lewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy verdruk niemand nie en vat nie rente of woekerwins nie. Hy is getrou aan my bepalings en lewe volgens my voorskrifte. “Hy sal nie doodgemaak word vir sy pa se sondes nie. Nee, hy sal bly lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | sy hand van die ellendige afhou, geen rente of woeker neem nie, my verordeninge volbring en in my insettinge wandel -- hy sal nie sterwe weens die ongeregtigheid van sy vader nie, hy sal sekerlik lewe. |
| Afrikaans 1983 | weerhou hom van verdrukking, vat nie rente of woekerwins nie, doen wat Ek bepaal en lewe volgens my voorskrifte. So iemand sal nie sterf vir sy pa se sondes nie, hy sal bly lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | van onreg hom weerhou, rente en woekerrente nie neem nie, my bepalings uitvoer, en volgens my vaste voorskrifte leef, hý sal nie sterf vir die sondeskuld van sy vader nie – hy sal beslis leef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die goeie seun doen reg aan mense wat hulleself nie kan help nie, hy sê nie dat iemand rente moet betaal wanneer hy vir hom geld leen nie, en wanneer hy sê dat iemand rente moet betaal, dan vra hy nie te veel rente nie. Die goeie seun doen wat Ek wil hê en hy lewe soos Ek sê. “So iemand sal nie sterf omdat sy pa verkeerd gedoen het nie, hy sal aanhou lewe, dit is seker. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy help arm mense en leen nie sy geld teen buitensporig hoë rentekoerse aan ander uit nie. Hy doen alles wat Ek vir die mens gesê het om te doen. Hierdie seun sal nie vir sy pa se slegte dade gestraf word nie. Ek sal hom laat lewe. |